welkom

Germandt Geldenhuys is ‘n sanger, akteur, seremoniemeester en meester potjiekos-proewer. Hy is enkellopend, woon in Johannesburg en sukkel om oor homself in die derde persoon te skryf. Dankie dat jy kom draai het.

biografie.

Hier sal jy Germandt se mees onlangse biografie vind. Lees deur hom – dalk leer jy iets nuuts oor hom!

shows.

Sien ‘n lys van Germandt se opkomende optredes en verskynings. Teater, musiek-vertonings en dies meer.

musiek.

Al die nuutste nuus oor Germandt se musiek en sangloopbaan. Kliek die skakel hieronder!

hoogtepunte

Germandt tree op, in een of ander kapasiteit, al vandat hy kan onthou en het op skool al in toneelstukke en musiekblyspele uitgeblink. In 2006 neem hy deel aan die Wêreld Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste waar hy die gesogte “Grand Champion Award” vir sang, verower. Hy matrikuleer aan Hoërskool Jeugland in Kempton Park waarna hy sy tersiêre studies aan die Waterfront Theatre School in Kaapstad voltooi. Onder die bekwame leiding van Delia Sainsbury, Paul Griffiths en Keith Galloway verwerf hy ‘n Lisensiaat in Musiek-Teater en ‘n Lisensiaat in Drama vanaf die Trinity Guildhall College in Londen.