shows.

TELEVISIE SEPIE

Binnelanders

In 2016 sluit Germandt aan by die geselskap van Binnelanders, S.A se #1 Afrikaanse daaglikse drama. Hy vertolk die rol van Louis Koster, die jonger half-boetie van At Koster. Germandt beskryf dit as die hoogtepunt van sy loopbaan sover en hy sien daarna uit om Louis nog vir ‘n hele ruk te vertolk. Germandt is tans steeds te siene in Binnelanders in 2022.

EENVROUVERTONING

Die Vrou Op Die Dak

“Die Vrou Op Die Dak” is ‘n eenvrouvertoning wat deur Germandt geskryf is, met Je-ani Swiegelaar in die hoofrol. Dié toneelstuk het sy debuut by Aardklop gehad in 2023, en toer nou landswyd. Vir navrae, gebruik die kontakvorm op hierdie webwerf.

MUSIEKVERTONING

Boys R Back

“Boys R Back” is die breinkind van Lee Scott en CO Productions, en is ‘n huldeblyk aan “boybands”. Saam met Reynardt Hugo, Willem Botha, Lee Scott en Ruan Josh, toer Germandt landswyd met hierdie kragtoer-vertoning. Hulle is eersdaags by Heroes in Julie, en by Emperors Palace in Augustus. Vir navrae, kontak corne@coproductions.co.za of gebruik die kontakvorm op hierdie webwerf.

MUSIEK-TRIO

Drie Van Die Bestes

In 2022 sluit Germandt aan by die beroemde ‘Drie van die Bestes’ as hulle nuutste, derde lid. Ondanks elkeen se uiteenlopende musiekstyl in hierdie vertoning – van pop, tot ballades en ligte klassieke musiek – is dit veral hul a capella- en samesang wat hul ’n gedugte kombinasie maak op die verhoog. As solokunstenaars is elkeen in ‘n klas van sy eie en elkeen ’n ster in eie reg; Germandt met sy kragtige tenoorstem, Mathys Roets met die rustige, fluweelstem in die laer registers en Danie Niehaus as bekroonde en veelsydige kunstenaar en liedjieskrywer. Hulle doen gereeld optredes regoor SA, maar is ook beskikbaar vir besprekings. Vir enige navrae oor moontlike ‘Drie van die Bestes’ optredes, skakel Marianne Lochner op marianne@rooiberg.co.za.

DRAMA TONEEL

keelVOL - 'n bittersoet komedie

Begin 2018 het Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar besluit om saam ‘n toneelstuk te skryf en dit regoor die land te toer. En so, is keelVOL gebore. Dirk Havenga was altyd ‘n sanger in die groot stad maar nou gee hy musieklesse op ‘n plattelandse dorpie. Mariette Labuschagne is sy nuwe student – en al wat sy wil doen is sing en dans. Is hierdie ‘n ramp wat wag om te gebeur?

TONEEL | VOLLENGTE FILM

Kanarie

Einde 2016 word Germandt die rol van Ludolf Otterman aangebied. Ludolf is een van die Kanaries in Christiaan Olwagen se film wat op 19 Oktober 2018 uitgereik word. Die film wys by die Toronto InsideOut Film Festival en word later ook by OutFest in Los Angeles gewys. Kanarie debuteer by die Silwerskermfees 2018 waar Germandt aangewys word as “Beste Manlike Byspeler”