nuutste musiek

DEBUUTENKELSNIT

IN GEVAL

In 2022, het Germandt sy eerste enkelsnit “In Geval” vrygestel. Dit het #1 status op verskeie radiostasies behaal. Dit is tans beskikbaar op al jou gunsteling digitale musiek-platforms.

meer oor my musiek

Germandt sing al vandat hy kan onthou. As pastoriekind het sy voorliefde vir sang in die kerk begin, en is toe later jare gevorm deur plattelandse kunswedstryde en skoolsaal-vertonings. Germandt beskou homself eerstens as sanger en dan akteur en sal graag in die toekoms méér musiek wil maak. Spesifiek musiek wat tot die hart spreek.

musiekvideos.

KYKNET KERSFEES

KOM ALLE GETROUES

In 2021 was Germandt deel van kykNet se “Ster vir Kersfees” en is gevra om Binnelanders te verteenwoordig met sý weergawe van “Kom Alle Getroues”. Die musiek video is in die pragtige tuine by Stark Studios verfilm.

KANARIE FILM

NADER MY GOD BY U

Germandt vertolk die rol van Ludolf Otterman in Christiaan Olwagen se volprese “Kanarie” aan die einde van 2016. Hierdie spesiale weergawe van ‘Nader my God By U’ is eksklusief vir die film verwerk en opgeneem.

BINNELANDERS

SEKELMAAN

Soos gesien op Binnelanders (kykNET) op Oujaarsaand 2021. Germandt Geldenhuys (Louis Koster) doen ‘n weergawe van Joshua na die Reën se meesterlike “Sekelmaan”.

BINNELANDERS

SOOS BLOED

Die bekende Afrikaanse Liedjie “Soos Bloed” deur Theuns Jordaan word hier opgevoer deur Germandt Geldenhuys, Ben Kruger en Paul Lückhoff. Soos gesien op kykNet se Binnelanders. Ter herinnering aan: BEN KRUGER (1957-2021)

KERSFEES PROJEK 2020

STILLE NAG

Aan die einde van 2020 besluit Germandt hy wil graag probeer om fondse in te samel vir die Abraham Kriel Kinderhuis en doen dit deur ‘n enkelsnit vir Kersfees vry te stel. Hy vra toe sommer sy kollegas by Binnelanders om saam met hom op hierdie baie spesiale weergawe van Stille Nag te sing. Die resultaat het luisteraars en gehore in ekstase gehad.

BINNELANDERS

AL LÊ DIE BERGE NOG SO BLOU

Die bekende Afrikaanse volksliedjie het ‘n nuwe baadjie gekry en word hier opgevoer deur Germandt Geldenhuys, Ben Kruger en Paul Lückhoff. Soos gesien op kykNet se Binnelanders op 3 Aug 2021. Ter herinnering aan: BEN KRUGER (1957-2021)

BINNELANDERS

JERUSALEM

Die bekende Christelike Lied het ‘n nuwe baadjie gekry en word hier opgevoer deur Germandt Geldenhuys, Ben Kruger en Paul Lückhoff. Soos gesien op kykNet se Binnelanders. Ter herinnering aan: BEN KRUGER (1957-2021)