biografie.

Germandt tree op, in een of ander kapasiteit, al vandat hy kan onthou en het op skool al in toneelstukke en musiekblyspele uitgeblink. In 2006 neem hy deel aan die Wêreld Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste waar hy die gesogte “Grand Champion Award” vir sang, verower. Hy matrikuleer aan Hoërskool Jeugland in Kempton Park waarna hy sy tersiêre studies aan die Waterfront Theatre School in Kaapstad voltooi. Onder die bekwame leiding van Delia Sainsbury, Paul Griffiths en Keith Galloway verwerf hy ‘n Lisensiaat in Musiek-Teater en ‘n Lisensiaat in Drama vanaf die Trinity Guildhall College in Londen.

Hy word ook in sy finale jaar met die Richard Loring-prys vir Uitstaande Spel bekroon en word ook ‘n rol aangebied in Richard Loring se CAPE STORIES FROM THE MOTHER CITY in Seepunt, Kaapstad. Hy keer terug na Johannesburg in 2015 en tree op in THE JUNGLE BOOK, SISTER ACT, SWEENEY TODD (Nom: Fleur du Cap Beste Manlike Byspeler), SNEEUWITJIE, verskeie televisie advertensies en korporatiewe funksies. Daarna maak hy sy televisie-buiging in STERLOPERS op KykNet. 

Tans is Germandt te sien in die rol van “Louis Koster”, die kroegbestuurder en IT-foendie, in BINNELANDERS op kykNET – waarvoor hy in 2017 met Huisgenootse gesogte Tempo-toekenning vir “Sepie-Akteur Van Die Jaar”bekroon is.

In 2018, maak hy sy filmdebuut in die volprese KANARIE en verower “Beste Manlike Byspeler: Film” by die kykNet Silwerskermfees. Vir hierdie film word Germandt dan ook benoem vir ‘n SAFTA vir “Best Supporting Actor in a Feature Film”. Germandt en sy mede-akteur, Je-ani Swiegelaar word ook in 2020 en 2021 genomineer as “Best Onscreen Couple” by die Royalty Soapie Awards.

Sy eerste enkelsnit “In Geval” is ook tans beskikbaar op alle digitale musiek-platforms.

toekennings.

HUISGENOOT TEMPO'S 2017

SEPIE-AKTEUR VAN DIE JAAR

SEPIE: BINNELANDERS

SILWERSKERMFEES 2018

BESTE MANLIKE BYSPELER

SPEELFILM: KANARIE

SAFTAS 2019

BEST SUPPORTING ACTOR

FEATURE FILM (NOMINATION)

ROYALTY SOAPIE AWARDS 2020 + 2021

OUTSTANDING ONSCREEN COUPLE

BINNELANDERS (NOMINATION)